Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
LONGKANKER WAAR ELKE SEKONDE TEL Campaign Logo

LONGKANKER WAAR ELKE SEKONDE TEL Campaign

My naam is Rene van Rensburg, 49-jaar-oud en het nog nooit of alkohol gebruik nie.

'n Paar maande gelede het ek begin met 'n irriterende nat hoes. Verskillende medikasies / behandelings is voorgeskryf, maar niks het gehelp nie. X-strale word van my borskas geneem en ek word na 'n Spesialis in Klerksdorp verwys vir verdere toetse en behandeling. 'n CT scan van my longe toon 2 soliede tumore in my regter-long. 

Ek word vir verdere behandeling verder verwys na die Kardio-toraks chirurg in Kerksdorp. Op 29 November 2023 word 'n regter lobektomie op my uitgevoer (waarvan ek 40 persent van my long verloor), gevolg deur 2 keer wat my regter long platgeval en onderwater dreins ingesit moes word. Uitslag van regter lobektomie is longkanker, a.g.v. melanoom, gevorderde stadium 4. 'n Chemo-port is onder narkose vir my ingeplaas wat daartoe gelei het dat my linker-long ook 2 keer platgeval en onderwater dreins ingesit moes word. Ek was 3 weke in ICU, wat baie traumaties was. 

Die Onkoloog het nou oorgeneem en bespreek behandeling-opsies. As gevolg van die gevorderde longkanker-stadium word Immuno-terapie aanbeveel. Behandeling beloop elke 3 weke via my chemo-port, vir ten minste 18 maande. 

Die behandeling en reiskoste heen-en-weer is ekstra uitgawes waarvoor ons nie die finansies het nie. 

Die uitgawes beloop ongeveer R22,000 per maand x 18 maande = R396,000. Enige finansiële bydrae om hierdie las minder te maak sal opreg waardeer word.

Statistics

Fundraising target

R 396 000.00

Donations to date

R 9 772.74

Donor Messages

Anonymous
Sterkte tannie en oom Errol. Ons hou jul in ons gebede!
Jan Bredenkamp
Seën en genesing vir jou Rene.
Cornelis en Jenine Grobler
Sterkte tannie. Ons dink aan tannie en bid vir tannie elke dag.
Anonymous
Sterkte René. Hoop jy word gou gesond!
Anonymous
Anonymous
Beverley
Ons bly bid Rene!
Anonymous
Anonymous
Sterkte tannie!

Activity feed

Anonymous donated R 1 000 via LONGKANKER WAAR ELKE SEKONDE TEL
19 Feb 2024 R 1 000
Jan Bredenkamp donated R 1 000 via LONGKANKER WAAR ELKE SEKONDE TEL
30 Jan 2024 R 1 000
Cornelis en Jenine Grobler donated R 1 000 via LONGKANKER WAAR ELKE SEKONDE TEL
09 Jan 2024 R 1 000
Anonymous donated R 200 via LONGKANKER WAAR ELKE SEKONDE TEL
02 Jan 2024 R 200
Anonymous donated R 1 000 via LONGKANKER WAAR ELKE SEKONDE TEL
24 Dec 2023 R 1 000