Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
LONGKANKER WAAR ELKE SEKONDE TEL

LONGKANKER WAAR ELKE SEKONDE TEL

Funds Raised:
R 9 773
Fundraising Target:
R 396 000

Personal message

My naam is Rene van Rensburg, 49-jaar-oud en het nog nooit of alkohol gebruik nie.

 
'n Paar maande gelede het ek begin met 'n irriterende nat hoes. Verskillende medikasies / behandelings is voorgeskryf, maar niks het gehelp nie. X-strale word van my borskas geneem en ek word na 'n Spesialis in Klerksdorp verwys vir verdere toetse en behandeling. 'n CT scan van my longe toon 2 soliede tumore in my regter-long. 
 
Ek word vir verdere behandeling verder verwys na die Kardio-toraks chirurg in Kerksdorp. Op 29 November 2023 word 'n regter lobektomie op my uitgevoer (waarvan ek 40 persent van my long verloor), gevolg deur 2 keer wat my regter long platgeval en onderwater dreins ingesit moes word. Uitslag van regter lobektomie is longkanker, a.g.v. melanoom, gevorderde stadium 4. 'n Chemo-port is onder narkose vir my ingeplaas wat daartoe gelei het dat my linker-long ook 2 keer platgeval en onderwater dreins ingesit moes word. Ek was 3 weke in ICU, wat baie traumaties was. 
 
Die Onkoloog het nou oorgeneem en bespreek behandeling-opsies. As gevolg van die gevorderde longkanker-stadium word Immuno-terapie aanbeveel. Behandeling beloop elke 3 weke via my chemo-port, vir ten minste 18 maande. 
 
Die behandeling en reiskoste heen-en-weer is ekstra uitgawes waarvoor ons nie die finansies het nie. 
 
Die uitgawes beloop ongeveer R22,000 per maand x 18 maande = R396,000. Enige finansiële bydrae om hierdie las minder te maak sal opreg waardeer word.

Donations

  • Feb 19, 2024 - R 1 000.00 Fees covered
  • "Sterkte tannie en oom Errol. Ons hou jul in ons gebede!" - Anonymous

  • Jan 30, 2024 - R 1 000.00
  • "Seën en genesing vir jou Rene." - Jan Bredenkamp

  • Jan 09, 2024 - R 1 000.00 Fees covered
  • "Sterkte tannie. Ons dink aan tannie en bid vir tannie elke dag." - Cornelis en Jenine Grobler

  • Jan 02, 2024 - R 200.00 Fees covered
  • "Sterkte René. Hoop jy word gou gesond!" - Anonymous

  • Dec 28, 2023 - R 500.00 Fees covered
  • "" - Anonymous

  • Dec 28, 2023 - R 2 000.00
  • "" - Anonymous

  • Dec 28, 2023 - R 2 000.00 Fees covered
  • "Ons bly bid Rene!" - Beverley

  • Dec 28, 2023 - R 200.00 Fees covered
  • "" - Anonymous

  • Dec 24, 2023 - R 1 000.00 Fees covered
  • "Sterkte tannie!" - Anonymous

  • Dec 24, 2023 - USD $ 29.23 Fees covered
  • "Dink aan jou🛐" - Anonymous

  • Dec 24, 2023 - R 200.00 Fees covered
  • "" - Anonymous

  • Dec 23, 2023 - R 200.00 Fees covered
  • "Sterkte René" - LS

Statistics

Fundraising target

R 396 000.00

Donations to date

R 9 772.74

LONGKANKER WAAR ELKE SEKONDE TEL Campaign