
LONGKANKER WAAR ELKE SEKONDE TEL
- By: RENE VAN RENSBURG
- Short URL: https://archive.backabuddy.co.za/rene-van-rensburg-5791691642345202096
- Date Created: 23 December 2023
Personal message
My naam is Rene van Rensburg, 49-jaar-oud en het nog nooit of alkohol gebruik nie.
'n Paar maande gelede het ek begin met 'n irriterende nat hoes. Verskillende medikasies / behandelings is voorgeskryf, maar niks het gehelp nie. X-strale word van my borskas geneem en ek word na 'n Spesialis in Klerksdorp verwys vir verdere toetse en behandeling. 'n CT scan van my longe toon 2 soliede tumore in my regter-long.
Ek word vir verdere behandeling verder verwys na die Kardio-toraks chirurg in Kerksdorp. Op 29 November 2023 word 'n regter lobektomie op my uitgevoer (waarvan ek 40 persent van my long verloor), gevolg deur 2 keer wat my regter long platgeval en onderwater dreins ingesit moes word. Uitslag van regter lobektomie is longkanker, a.g.v. melanoom, gevorderde stadium 4. 'n Chemo-port is onder narkose vir my ingeplaas wat daartoe gelei het dat my linker-long ook 2 keer platgeval en onderwater dreins ingesit moes word. Ek was 3 weke in ICU, wat baie traumaties was.
Die Onkoloog het nou oorgeneem en bespreek behandeling-opsies. As gevolg van die gevorderde longkanker-stadium word Immuno-terapie aanbeveel. Behandeling beloop elke 3 weke via my chemo-port, vir ten minste 18 maande.
Die behandeling en reiskoste heen-en-weer is ekstra uitgawes waarvoor ons nie die finansies het nie.
Die uitgawes beloop ongeveer R22,000 per maand x 18 maande = R396,000. Enige finansiële bydrae om hierdie las minder te maak sal opreg waardeer word.
Donations
- Feb 19, 2024 - R 1 000.00 Fees covered
- "Sterkte tannie en oom Errol. Ons hou jul in ons gebede!" - Anonymous
- Jan 30, 2024 - R 1 000.00
- "Seën en genesing vir jou Rene." - Jan Bredenkamp
- Jan 09, 2024 - R 1 000.00 Fees covered
- "Sterkte tannie. Ons dink aan tannie en bid vir tannie elke dag." - Cornelis en Jenine Grobler
- Jan 02, 2024 - R 200.00 Fees covered
- "Sterkte René. Hoop jy word gou gesond!" - Anonymous
- Dec 28, 2023 - R 500.00 Fees covered
- "" - Anonymous
- Dec 28, 2023 - R 2 000.00
- "" - Anonymous
- Dec 28, 2023 - R 2 000.00 Fees covered
- "Ons bly bid Rene!" - Beverley
- Dec 28, 2023 - R 200.00 Fees covered
- "" - Anonymous
- Dec 24, 2023 - R 1 000.00 Fees covered
- "Sterkte tannie!" - Anonymous
- Dec 24, 2023 - USD $ 29.23 Fees covered
- "Dink aan jou🛐" - Anonymous
- Dec 24, 2023 - R 200.00 Fees covered
- "" - Anonymous
- Dec 23, 2023 - R 200.00 Fees covered
- "Sterkte René" - LS