Help Helen beat cancer Campaign
Ek en my ousus Helen Meyer kom uit ‘n familie met geskiedenis van ‘n groot aantal vrouekankers. Ons moeder en drie van haar susters het borskanker gekry, drie van hulle het dan ook gesterf daaraan nadat dit deur hul liggame versprei het.
In Desember 2017 ontdek Helen ‘n knop in haar regterbors. Januarie 2018 word sy gediagoniseer met Fase 4 aggressiewe kanker. Hul doen dadelik ‘n mastektomie en begin met ‘n strawwe kursus van chemoterapie. So begin hierdie ystervrou se titaniese stryd met kanker.
Deur die loop van hierdie laaste ses jaar fight sy met alles wat in haar is teen die groot K. Keer op keer besef ek dat sy seker die sterkste vrou is wat ek ken. Sy leer om dag vir dag te lewe. Deur elke kursus chemoterapie en/of bestraling bly sy as enigste broodwinner in haar huishouding nog steeds werk.
Elke Januarie as die dokters die scans en toetse doen, moes sy aanhoor dat haar kanker versprei het. Nog nooit tydens hierdie ses jaar was haar kanker in remissie nie. Tog druk sy deur en bly sy positief. Met elke Kersfees of verjaarsdag dink ons dat dit haar laaste een sal wees, maar God spaar haar lewe elke keer en op wonderbaarlike wyse bly sy positief.
In Januarie 2023 word sy afgelê by haar werksplek omdat die tak van hul besigheid toemaak. Sy doen aansoek vir ongeskikdheids voordele en met God se genade word dit goedgekeur, maar dis nie genoeg om hulle basiese behoeftes en uitgawes kan dek nie. Haar mediese fonds wat haar werkgewer altyd ten volle gedek het, moet sy van Januarie 2024 af self bybring, en soos ons almal weet is dit in die huidige ekonomiese klimaat ‘n byna onmoontlike taak vir iemand wat reeds nie basiese dag tot dag noodsaaklikhede kan bekostig nie.
Op hierdie stadium het die kanker alreeds versprei van haar regterbors na omtrent haar hele skeletstelsel: knieë, heuppotjies, platbene, stuitjie, onderste drie rugwerwels, van haar ribbes, skouers, nek en longe. Sy is die afgelope twee maande telkens gehospitailseer. Die mediese fonds waaraan sy behoort dek net die onkologie en suurstof, en sy het ander mediese toerusting soos ‘n rolstoel en loopring benodig wat ons kon voorsien. Hul sukkel egter met die uitgawes van goed soos onder andere brandstof vir hul voertuig om haar by haar doktersbesoeke en bloedtoetse te kry, voedselaanvullings soos Ensure en noodsaaklike medikasie wat nie deur haar medies gedek word nie omdat dit nie oo hul formulêr is nie.
Sy het reeds soveel deurgemaak en sy het nog nie opgegee op die wil om te lewe nie, daarvoor is hierdie ystervrou net te hardkoppig. Daarom neem ons die vrymoedigheid om te vra vir enige donasie ten bate van haar versorging terwyl sy hierdie stryd moedig stry.
Bydraes kan in die volgende rekening inbetaal word:
Mag die Here jul seën. Ons vra ook dat u nie sal ophou bid vir ‘n Goddelike wonderwerk genesing nie.
Connected Campaigns
Donor Messages
Anonymous
Anonymous
More more daar Helen en Veronica
Wat menslik ontmoontlik is, is vir God moontlik. Ek glo dit uit die diepste van my hart en geloof in Jesus, ons Redder.Sterkte, ek dink aan julle en sal vir Jesus vra om sy hand van grenade oor julle te hou.Xoxo
Koos/Loraine Nel
Sterkte Helen jy is n vegter♥️ ons hou aan Bid vir volkome Genesing want vir God is niks onmoontlik nie.
Fouche'tjies
In ons gebede. Word gou gou beter.
Anonymous
Jy is ñ inspirasie, sterkte ystervrou!
Wilma
Sterkte ystervrou, ek bid vir jou
Activity feed
Anonymous donated R 500 via Help Helen beat cancer
03 Mar 2024
R 500
Koos/Loraine Nel donated US $ 28 via Help Helen beat cancer
25 Feb 2024
US $ 28
Fouche'tjies donated US $ 28 via Help Helen beat cancer
24 Feb 2024
US $ 28
Anonymous donated R 200 via Help Helen beat cancer
24 Feb 2024
R 200
Wilma donated R 200 via Help Helen beat cancer
24 Feb 2024
R 200