Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Help Helen beat cancer

Help Helen beat cancer

Funds Raised:
R 26 846
Fundraising Target:
R 50 000

Personal message

Ek en my ousus Helen Meyer kom uit ‘n familie met geskiedenis van ‘n groot aantal vrouekankers. Ons moeder en drie van haar susters het borskanker gekry, drie van hulle het dan ook gesterf daaraan nadat dit deur hul liggame versprei het.
 
In Desember 2017 ontdek Helen ‘n knop in haar regterbors. Januarie 2018 word sy gediagoniseer met Fase 4 aggressiewe kanker. Hul doen dadelik ‘n mastektomie en begin met ‘n strawwe kursus van chemoterapie. So begin hierdie ystervrou se titaniese stryd met kanker.
 
Deur die loop van hierdie laaste ses jaar fight sy met alles wat in haar is teen die groot K. Keer op keer besef ek dat sy seker die sterkste vrou is wat ek ken. Sy leer om dag vir dag te lewe. Deur elke kursus chemoterapie en/of bestraling bly sy as enigste broodwinner in haar huishouding nog steeds werk.
 
Elke Januarie as die dokters die scans en toetse doen, moes sy aanhoor dat haar kanker versprei het. Nog nooit tydens hierdie ses jaar was haar kanker in remissie nie. Tog druk sy deur en bly sy positief. Met elke Kersfees of verjaarsdag dink ons dat dit haar laaste een sal wees, maar God spaar haar lewe elke keer en op wonderbaarlike wyse bly sy positief.
 
In Januarie 2023 word sy afgelê by haar werksplek omdat die tak van hul besigheid toemaak. Sy doen aansoek vir ongeskikdheids voordele en met God se genade word dit goedgekeur, maar dis nie genoeg om hulle basiese behoeftes en uitgawes kan dek nie. Haar mediese fonds wat haar werkgewer altyd ten volle gedek het, moet sy van Januarie 2024 af self bybring, en soos ons almal weet is dit in die huidige ekonomiese klimaat ‘n byna onmoontlike taak vir iemand wat reeds nie basiese dag tot dag noodsaaklikhede  kan bekostig nie.
 
Op hierdie stadium het die kanker alreeds versprei van haar regterbors na omtrent haar hele skeletstelsel: knieë, heuppotjies, platbene, stuitjie, onderste drie rugwerwels, van haar ribbes, skouers, nek en longe. Sy is die afgelope twee maande telkens gehospitailseer. Die mediese fonds waaraan sy behoort dek net die onkologie en suurstof, en sy het ander mediese toerusting soos ‘n rolstoel en loopring benodig wat ons kon voorsien. Hul sukkel egter met die uitgawes van goed soos onder andere brandstof vir hul voertuig om haar by haar doktersbesoeke en bloedtoetse te kry, voedselaanvullings soos Ensure en noodsaaklike medikasie wat nie deur haar medies gedek word nie omdat dit nie oo hul formulêr is nie.
 
Sy het reeds soveel deurgemaak en sy het nog nie opgegee op die wil om te lewe nie, daarvoor is hierdie ystervrou net te hardkoppig. Daarom neem ons die vrymoedigheid om te vra vir enige donasie ten bate van haar versorging terwyl sy hierdie stryd moedig stry.
 
Bydraes kan gedoen word via EFT deur op die boonste skakel waar dit sê 'Donate' te klik en die aanwysings te volg.
 
Mag die Here jul seën. Ons vra ook dat u nie sal ophou bid vir ‘n Goddelike wonderwerk genesing nie. 
 
Seëngroete
Veronica Scheepers
0826470399 (Skakel my gerus as u enige vrae het)

Donations

  • Mar 03, 2024 - R 500.00 Fees covered
  • "" - Anonymous

  • Feb 26, 2024 - R 25 000.00
  • "More more daar Helen en Veronica Wat menslik ontmoontlik is, is vir God moontlik. Ek glo dit uit die diepste van my hart en geloof in Jesus, ons Redder.Sterkte, ek dink aan julle en sal vir Jesus vra om sy hand van grenade oor julle te hou.Xoxo" - Anonymous

  • Feb 25, 2024 - USD $ 28.01 Fees covered
  • "Sterkte Helen jy is n vegter♥️ ons hou aan Bid vir volkome Genesing want vir God is niks onmoontlik nie." - Koos/Loraine Nel

  • Feb 24, 2024 - USD $ 28.01 Fees covered
  • "In ons gebede. Word gou gou beter." - Fouche'tjies

  • Feb 24, 2024 - R 200.00 Fees covered
  • "Jy is ñ inspirasie, sterkte ystervrou!" - Anonymous

  • Feb 24, 2024 - R 200.00 Fees covered
  • "Sterkte ystervrou, ek bid vir jou" - Wilma

Statistics

Fundraising target

R 50 000.00

Donations to date

R 26 845.98

Help Helen beat cancer Campaign