
Hulp vir Petro se Mediese kostes Campaign
My vrou Petro is Sondag middag opgeneem in Medi Clinic Polokwane weens erge pyn in haar buik, sy het reeds 3 weke gelede begin kla van pyn maar dit het ewe skielik ondraaglik geraak. Dit is aan ons oorgedra dat daar 2 spanne aan my vrou moet opereer op dieselfde tyd, een om haar galblaas en die ander een om die galsteen wat vassit te verwyder.Met die pandemie moes ons soos meeste mense drasties sny op ons uitgawes en moes die besluit neem om ons medies te kanselleer.
Die Mediese kostes beloop nou al oor R170 000 met die operasies en toetse.
Ek kom na die publiek met 'n nederige hart en vra vir finansieele hulp, sodat my vrou die operasies so gou moontlik kan ondergaan en ons haar weer op die been kan kry.
Sy is my, ons kinders en klein kinders se steunpilaar en ons het ons yster-vrou nodig in ons lewens.
Alle fondse wat ingesamel word sal deur Makarios Ministries International met NPC -2011/111183/08 bestuur word. Alle aangehegde rekeninge as ook die hospitaal verblyf waarvoor ons nog nie die finale bedrag het nie, sal dus daaruit betaal word
Dankie vir oop harte wat gee, Die Here seen jou
Pastoor Ockie
Connected Campaigns
Statistics
Donor Messages
Anonymous
Anonymous
Activity feed
Anonymous donated R 200 via Hulp met vervoer na Hospitaal vir Petro
13 Feb 2024
R 200
Anonymous donated R 200 via Hulp met vervoer na Hospitaal vir Petro
13 Feb 2024
R 200