Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Multiple sclerosis 67067 Campaign Logo

Multiple sclerosis 67067 Campaign

Goeie môre,

Ek was gediagnoseer met Multiple sclerosis RRMS in Mei 2015 nadat my eerste simptome in 2003 was.

My grootste probleem was op daardie oomblik my blaas gewees. Ek het elke 4 maande botox inspuiting ontvang om die blaas bietjie te help. Met dit het sy eie uitdagings begin blaas infeksie omdat die blaas nie heeltemal kon leeg kom nie. Mos toe begin om self te katheter. 

Ek het begin met Interferon inspuiting as 'n behandeling. Na omtrent 2 jaar later op nuwe medikasie Aubagio en geen bybetaling was nodig vir enige medikasie sover nie.

Was so 5 jaar om die medikasie gewees toe het my prognose verander van RRMS na SPMS. Dr het 'n nuwe medikasie Keindra voorgestel wat ons vir amper 'n jaar lank moes baklei om goedkeuring by die medies te kry nadat ons 'n CMS saak gemaak het.

Ongelukkig het die medikasie nie gewerk soos wat dit moes nie. Verlede jaar het die Dr n nuwe behandeling vir my voorgeskryf Lemtrada en die medies het dit afgekeur. Gelukkig het hulle ander behandeling goedgekeur Bonspri.

Medies het dit tot einde verlede jaar betaal invol betaal ongelukkig van die jaar het ek 'n 20% bybetaling.

Ek is baie afhanklik van my rolstoel en loop karretjie. Ek probeer baie met die karretjie loop maar nie altyd moontlik nie. Dan is dit maar in die rolstoel. My balans is baie aangetas deur die MS.

Ek ontvang fisio om my te help met mobiliteit, ek het die laaste jaar maar verswak.

Ek het ook al 5 rug operasie gehad laaste een was in 2022 'n fusie van T11-S1. In 2020 was die twee fusie gehad en daar het infeksie ingekom wat gelei het na die fusie in 2022. 

Gewoonlik so reën Maart April is my medies is uitgeput en dan begin dit moeilik raak. Dit sal soveel help om nie in skuld te gaan vir bybetaling nie. 

Die fondse gaan gebruik word vir bybetalings, fisio, scan, Drs en sal goed wees vir 'n nuwe rolstoel. 

As jy kan help sal dit baie waardeer.

Baie dankie 

Statistics

Fundraising target

R 150 000.00

Donations to date

R 60 991.42

Donor Messages

Anonymous
Julle is altyd in ons gedagtes en gebede. Trots dat jy nie ophou veg nie Marius!
Jaco
BAIE STERKTE MET ALLES MARIUS
Anonymous
Dink aan jou Marius. Vasbyt, en hou aan glo.
Anonymous
Sterkte Marius!
Anonymous
Anonymous
Anonymous
Anonymous
In God we Trust Amen en Amen !!
Alet

Activity feed

Anonymous donated US $ 1 191 via Marius's Multiple Sclerosis journey
05 Mar 2024 US $ 1 191
Anonymous donated R 500 via Marius's Multiple Sclerosis journey
12 Feb 2024 R 500
Anonymous donated US $ 171 via Marius's Multiple Sclerosis journey
11 Feb 2024 US $ 171
Anonymous donated R 1 000 via Marius's Multiple Sclerosis journey
11 Feb 2024 R 1 000
Anonymous donated US $ 114 via Marius's Multiple Sclerosis journey
04 Feb 2024 US $ 114