Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Anna Breedt Diabeet 1

Anna Breedt Diabeet 1

Funds Raised:
R 95
Fundraising Target:
R 30 000

Personal message

My Ma is Anna Breedt:

 
Sy is 'n Diabeet 1 wat op 12 Oktober 2023 haar voet moes laat amputeer in Vryburg se staats hospitaal as gevolg van implikasies. 'n Week later moes hulle nog 'n gedeelte tot by die knieg laat amputeer as gevolg van infeksie.
 
My ma het ongelukkig geen mediese fondse om haar sorg en medikasie wat sy nodig het te dek nie. Sy kry baie swaar en op die oomblik versorg ek haar by my tuiste in Piet Plessis. Sy kan nie haarse3lf versorg nie omrede sy nie kan sien of loop nie. Sy is emosioneel stukkend en het moed verloor. Ons probeer haar bystaan finansieel, maar ons fondse kan ook net strek tot op 'n sekere punt.
 
Haar Huis op Stella moet verander word (badkamer) om haar behoeftes te akkommodeer. Daar moet mediese skoonmaak middels aangekoop word om die amputasie wond skoon te hou sodat hy kan genees asook haar medikasies. Staats klinieke het nie altyd die nodige medikasie en middels beskikbaar nie. 
 
Ek vra uit die diepte van my hart vir hulp om haar en my Pa te help. Sy is heeltemal afhanklik van my wat na haar kyk en versorg. Ons vat dit dag vir dag...
 
Elke donasie sal ons hartelik help, sodat ek na my ma kan omsien, want sy beteken vir my alles. 
 
Liefde
Haar Dogter
Maryna Botha

Donations

  • Dec 04, 2023 - USD $ 5.81 Fees covered
  • "Sterkte. Ons dink aan julle" - Anonymous

Statistics

Fundraising target

R 30 000.00

Donations to date

R 94.60

Anna Breedt Diabeet 1 Campaign

Charity Default Logo

Hier is 'n bondige opsomming:

My Ma, Anna Breedt, het haar voet en 'n deel van haar been verloor vanweë Diabeet 1. Sy kort finansiële hulp vir mediese sorg en aanpassings aan haar huis vir haar behoeftes. Ek sorg vir haar, maar ons benodig hulp vir mediese uitgawes.

Liefde, Maryna Botha