Cj medical bills Campaign
Hallo 💞
Ons seuntjie-Cj is 8jaar oud. Hy het die 7de Des 2023 sy 2de hart operasie gehad, sy 1ste operasie was kort na geboorte gewees❤️.
Hy het 'n "aortic valve replacement" gehad, die nuwe valve is 'n mechanical valve. Agv die "Mechanical" staal valve moet hy vir die res van sy lewe op warfarin wees. Dit is n bloed verdunner.
As sy bloed te dik raak, kan hy bloedklonte kry wat op die valve sit en dan kan sy hart gaan staan.
Om dit te voorkom moet sy bloed weekliks getoets word. Om sy bloed weekliks te toets, benodig ons 'n masjientjie, sodat ons by die huis sy bloed kan toets.
Die koste van die masjientjie is R8800. Na afloop van die operasie, het ons ongelooflike baie onkostes beloop, aangesien Cj baie lank in die hospitaal was en die medies nie al die onkostes gedek het nie.
Sou jy dit in jou hart vind om 'n donasie te maak, sal ons dit ongelooflik baie waardeer.
Bybetalings en fakture kom op 'n daaglikse basis steeds in, op die staduim staan dit op +-R70 000