Olympiese Kwalifisering Campaign
Barco Badenhorst is ‘n Suid-Afrikaanse stoeier wat gekies is om ons land te verteenwoordig in die African Oceania Olympic Qualifier toernooi in Egipte. Die toernooi vind in Maart plaas, en is die laaste trap wat Barco moet klim om sy Olimpiese droom te haal vir vanjaar se spele in Parys, Frankryk 2024.Omdat stoei nie een van die grootste sportsoorte in Suid Afrika is nie, is Barco self verantwoordelik vir die grootste finansiële deel van die kostes met beskikbare bydraes van die Stoei Federasie. Koste is ongeveer R53 000.
Barco kan dit ongelukkig nie self betaal nie so enige hulp sal ‘n lang pad gaan. As u dalk donasie wil maak, ons plaas die South African Wrestling Federation se bankbesonderhede met verwysing van Barco Badenhorst.