
Fund for Louis Campaign
Dis nie lekker om te vra vir hulp nie, veral nie as dit finansieël is nie. Maar vandag as dogter kan ek nie langer my eens groot, sterk, energieke Pa só sien nie!!
Ek wil graag fondse insamel vir my Pa om ñ private 2de opinie te verkry. Hy was deur government gediagnoseer met mesotheloima kanker 2 jaar terug en ons is blessed om te kan sê hy is nog met ons! 🙏 Ongelukkig ontvang hy nie die nodige behandeling vir sy condition nie...
Sy lyf kry swaar! Asemhaling is vir hom werk en hy moet meestal op suurstof sit om dit deur die dag te kan maak... sy bene swel, sy hart sit aan die ander kant in sy bors en hy het nie eers meer gewiggies om sy skinny jeans op te hou nie! Sy agteruitgang is hartverskeerend!
Hang af wat die private doctor sê, wil ek graag my long skenk om my Pa se asemhaling te vergemaklik. Indien net die longsak verwyder moet word sal ek ook bly wees solank my Pa se daaglikse struggle kan verbeter! Ek ken nog geen kostes nie en sal almal wat skenk updated hou op pryse en hoe dié fondse bestee sal word, maar eerstens kort hy ñ doctor wat weet wat hy doen!
Indien jy nie finansieël kan skenk nie vra ek vir gebede om my Pa op te dra aan die Here sodat hy volkome geneesing sal ervaar om die Here se naam alleenlik te verheerlik!
Dankie vir die tyd wat jy gevat het om dié post te lees.
- van ñ dogter hart ♡