
Nuwe Begin Skool Benodighede Projek Campaign
Vir wie dit mag aangaan...
Ek het die Skool benodighede projek begin in 2017, omrede ek as kind die lewe nie maklik gehad het nie...
Daar is n baie groot nood onder ons gemeenskap en ongelukig ly die kinders daar onder.
Ek probeer om jaarliks dit vir die kinders makliker te maak deur hulle te help met hulle skool benodighede lysie wat vanaf die skole verkry word.
Ek het in 2017 met 5 kinders begin, en het Januarie 2022 het ons 95 kinders gehad. Januarie 2023 het ons 220 skool kinders gehad...
Ons sit vanjaar met 240 skool kinders in nood vir Januarie 2024 en het jou hulp dringend nodig!
*@Office World Klerksdorp* het met my hande gevat en help jaarliks om ons kinders met n nuwe gemoed die nuwe skool jaar aan te durf.
Ek werk glad nie direk met die ouers nie, omrede daar te veel bedrog/skelmstreke is.
Ek werk slegs deur ons plaaslike skole en vat self op dag 1 van die nuwe skooljaar vir die kinders hulle skool benodighede, die kinders word uitgeroep na die skool hoof se kantoor, waar elk een dan sy/haar pakkie ontvang. Fotos van ontvangs word geneem, maar die kind se gesig/identityd word glad nie bekend gemaak nie.
Alle fondse gaan net so om die nodige skool benodighede aan te koop vir die kinders in nood. Alle aankope strokies word gestoor en sal beskikbaar wees besigtiging.
Sien julle as besigheid/individu asb kans om ons te kan help met n skenking van enige vorm van n kontant of skool benodighede donasie asb?
Hoop om spoedig van u te hoor.
Vriendelike groete
Engela Fourie
Stigter en organiseerder van Nuwe Begin Skool Benodighede Projek
https://www.facebook.com/NuweBeginEngelaFourie/