Skin Removals Campaign
Goeie dagEk is Delloche ek het baie jare terug besef ek sal moet iets doen aan my gewig en daar het my pad begin. Ek het binne n kwessie van 4 jaar oor die 60kg verloor en druk vir nou n 20kg. Ek het nou op n punt gekom waar my oortollige vel my skaam maak en vir my ongemak veroorsaak. Ek lyk asof ek steeds daardie massiewe vrou is en kan net nie myself sien as mooi nie want ek kan nie eers die kleiner klere dra nie want daar moet plek wees vir die velle ook. Ek wil graag na ek nog 20kg verloor het gaan dat hulle vir my die velle verwyder dat ek ook vir myself in die spieël kan kyk en sien dat ek nie eintlik meer daardie verskriklike groot vrou is nie ek wil ook mooi aantrek en my harde werk vir almal wys maar ek is skaam vir hoe ek lyk ek moet ten alle tye is hemp dra wat groot is met langer moue want ek is skaam vir die vel wat hang onder my arms.
Ek vra dat julle my groot ASB sal help om die geld bymekaar te maak dat ek kan gaan vir die operasie en dat ek ook my lewe voluit kan lewe. Ek is nog baie jonk en wil graag kinders ook hê maar die velle maak dit ook maar baie moeilik.
Baie dankie vir elkeen wat die kans vat om my storie te lees.