Twanette Gray Heart Fund Campaign
Hello almal..
Soos meeste mense my ken is ek nie n persoon wat daarvan hou om te doen wat ek vandag doen nie..
Maar ons is op n punt waar ons nie meer weet watter kant toe nie..
My Ma sit met AF (Atrial fibrillation) & CCF (Congestive heart failure) haar lewer en longe is vol vog en het hart versaaking..
Sy is gediagnoseer die 10de Januarie 2024 toe ons haar ongevalle toe gevat het.
Sy kon nie op geneem word nie omrede ons probleme het met die medies (ons baklei nogsteeds met hulle) en hulle net n sekere bedrag wil betaal, wat nie naastenby genoeg is as die estimate quote wat ons gekry het nie (dit is well net vir die hospitaal) as sy sou op geneem word.
My Ma moet n Kardioloog sien die 29ste Januarie 2024 en soos ek verstaan is sy kostes R6500..
Die hele doel om hom te gaan sien is sodat hy n direkte verwysing kan gee sodat sy op geneem kan word in JHB Algemeen vir as die medies nie wil betaal vir wat moet kom nie , Of om te weet of dit gaan nodig wees of nie.
Ons is huidiglik besig om my Ma self te dokter en dop te hou by die huis met medikasie wat voor geskryf was deur die ongevalle dokter, ons vat haar gereeld huis dokter toe vir check ups maar sy self het gese sy moet n Kardioloog sien want sy kan enige tyd n beroerte of hart aanval kry, ons het ook weer bloed toetse gedoen waar dit wys haar hart versaaking telling op gegan het despite die medikasie waarop sy is, selfs die Kardioloog het haar in gedruk vir einde Januarie want ons het al haar toetse en papierwerk deur gestuur aan hom en hy is vol geboek tot Mei 2024.
Ek wil vra as enige iemand finansieel kan help sodat ons my Ma by die Kardioloog kan kry, sal ons dit wardeer.
Ek verstaan baie mense sit in n posisie waar hulle self deur n moeilike tyd gaan, moet asb nie geforseer voel om iets te gee nie of om asb ook nie te judge nie..
Sy is n lieflike mens, Ouma en Ma met seker die mooiste hart wat vir nog baie lank wil deel wees van haar kinders en klein kinders se lewe..
Ons vra vir hulp, en as daar iemand is wat kan help sal dit vir ons die wereld beteken.
Ons het bewyse van al die toetse as enige iemand dit wou sien.
As n familie lid is dit moeilik om te sit en te dink waar mens al daardie geld kan kry om te help as mens weet in watter ernstige posisie hulle geliefde in is..
Ek hoop almal verstaan die rede hoekom ek doen wat ek doen nadat ek iets doen wat ek as persoon glad nie van hou om te doen nie..
Dankie ❤️
As enige iemand 'n klein bydra kan maak sal bank besonderhede gegee word.
Groete Jess Grobler
Connected Campaigns
Statistics
Donor Messages
M FULLER-PETERSEN
Anonymous
Activity feed
M FULLER-PETERSEN donated R 1 000 via Twanette Gray's Heart Fund
01 Feb 2024
R 1 000
Anonymous donated R 100 via Twanette Gray's Heart Fund
01 Feb 2024
R 100