Nicola Bornman Crohn’s
- By: Nicola Bornman
- Short URL: https://archive.backabuddy.co.za/nicola-bornman-5771561398139662957
- Date Created: 30 November 2023
Personal message
Goeiedag,
Ek wil graag hierdie storie deel van my suster se dogter. Hulle is gesin is deur 'n vreeslike moeilike tyd vanaf Augustus en die stryd gaan steeds voort.
Nicola is op die vroeë ouderdom van 14 gediagnoseer met akute Crohn's disease.
Na baie dokters, medikasie, lang periodes van siek wees het dit 3 lange jare gevat om by die regte dokter uit te kom en 'n diagnose te kry.
Hulle het Tbilisi, Georgia toe vertrek vir werk en daar het dinge weer afdraand begin gaan. Nicola het baie siek geword, was in konstante pyn en het gegaan vir 'n kolonoskopie. Hulle het haar huistoe gestuur en na 3 dae se pyn is my sussie hulle terug na die hospitaal waar hulle agtergekom het die derm het perforeer tydens die kolonoskopie, sy in septiese skok ingegaan het en dat sy 'n operasie moes ondergaan. Op 24 Desember 2021 het hulle 'n nood operasie uitgevoer waar hulle die gedeelte van die perforeerde derm moes verwyder en sy het 'n stoma sakkie gekry. Sy was in 'n geïnduseerde koma vir 7 dae en in ICU vir 3 weke. Daarna het dit bietjie beter gegaan
My sussie hulle het teruggekeer na SA in Augustus 2022 waar hulle na die Universitas Hospitaal in Bloemfontein verwys is (hulle bly op 'n plaas in die Bothaville area) om met dokters in kontak te kom vir Nicola se mediese behoeftes. Die dokters het weer Biologic voorsgeskryf en dadelik met die behandeling begin.
Op 2 Augustus 2023 het Nicola 'n terugslag gehad waar sy weereens 'n noodoperasie van meer as 7uur moes ondergaan. Daar het hulle 95% van haar kolon moes verwyder en sy is steeds in die hospitaal. Haar dunderm het 2 plekke waar dit lek en haar hele wond het oopgegaan, wat op die oomblik nie gesond word nie. Hulle moet ook gereeld haar IV drip vervang omdat sy anemies is en haar are platval wat veroorsaak dat sy nie genoeg voeding inkry nie. Die dokters en staf van Universitas was baie goed vir hulle maar het 'n plato bereik en Nicola na die Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad verwys. Op die 22ste November 2023 is Nicola verplaas.
My sussie hul moes inderhaas verblyfs reëlings maak want ons het geen familie in die Kaap nie.
Dinsdag die 28ste November het die dokters my sussie hul meegedeel dat hulle moet regmaak dat Nicola nog maande in die hospitaal gaan moet bly. Hulle moet haar nou op 'n sekere gewig kry want sy moet nog 'n operasie ondergaan. Gister die 29ste November het sy weer 'n terugslag gehad waar hulle vir haar weer 'n bloedoortapping ook moes gee. So elke dag is net genade van God. Hulle weet nie wat die dag inhou nie, maar die Here het sover oor en oor bewys dat wonderwerke steeds gebeur
Ons wil vra of dit moontlik sal wees vir iemand om hul harte oop te maak en te help met my sussie se verblyfs kostes vir die volgende paar maande? Ons het geen idee hoe lank sy in die Kaap gaan moet bly nie.
Intussen is haar man en seun steeds op die plaas en hulle sien mekaar ook nou glad nie wat dit bitter moeilik maak vir hulle as gesin. My swaer moet steeds die pot aan die kook hou by die huis ook en finansies is maar min.
'n Anonieme skenker het Priscilla se verblyf vir November en Desember betaal, waarvoor ons nie genoeg dankie kan sê nie.
Daar is daaglikse kostes vir Nicola wat tussen R80 en R150 is per dag. My sussie se kos is so R40 per dag en dan is daar nog doeke en sekere meds ook wat moet gedek word weekliks.
Baie dankie vir die geleentheid om hulle storie te vertel en die tyd wat julle vat om dit te lees
Donations
- Feb 19, 2024 - USD $ 28.61 Fees covered
- "Lief jou BAIE!!!" - Marli
- Jan 26, 2024 - R 100.00 Fees covered
- "" - Anonymous
- Jan 15, 2024 - R 700.00 Fees covered
- "" - Anonymous
- Dec 23, 2023 - R 2 000.00 Fees covered
- "Liefde die Beirowski's & Aldrich's" - Beirowski
- Dec 16, 2023 - R 450.00 Fees covered
- "Nicola, ons harte gaan uit na jou en jou familie. Ons vertrou die Here vir volkome genesing. Hy sal julle dra deur hierdie tyd. Baie liefde." - Suzanne
- Dec 12, 2023 - USD $ 28.31 Fees covered
- "Sterkte vir julle hele familie" - Anonymous
- Dec 11, 2023 - R 500.00 Fees covered
- "Tannie Marli weét jy gaan binnekort gesond wees. X" - Marli Havinga
- Dec 10, 2023 - USD $ 56.98 Fees covered
- "Vir n ongelooflike sterk, warm, gasvrye persoon en haar familie." - Anonymous
- Dec 08, 2023 - USD $ 8.64 Fees covered
- "" - Anonymous
- Dec 04, 2023 - R 1 000.00
- "Baie sterkte. Die regte woorde ontbreek altyd." - Anonymous
- Dec 04, 2023 - USD $ 216.10 Fees covered
- "We are praying for you!" - CW
- Dec 01, 2023 - R 200.00 Fees covered
- "Julle bly in my gebede 🙏" - Anonymous
- Dec 01, 2023 - USD $ 216.10 Fees covered
- "All the best" - Bent
- Dec 01, 2023 - USD $ 30.96 Fees covered
- "Baie sterkte aan al die Bornmans. God is in Beheer." - Anonymous
- Nov 30, 2023 - R 2 000.00
- "Baie baie sterkte. Julle is in ons gebede xxx" - Anonymous
- Nov 30, 2023 - USD $ 54.03 Fees covered
- "" - Anonymous
- Nov 30, 2023 - R 2 000.00 Fees covered
- "" - Anonymous
- Nov 30, 2023 - USD $ 108.05 Fees covered
- "Sending love. X" - Berni and family
- Nov 30, 2023 - R 1 000.00 Fees covered
- "" - Anonymous
- Nov 30, 2023 - R 2 000.00 Fees covered
- "" - Anonymous
- Nov 30, 2023 - R 500.00 Fees covered
- "Julle is altyd in ons gebede." - Lizel
Statistics
Nicola Bornman Chrons Campaign

Ek is Marise en deel my suster se dogter se moeilike reis. Nicola is op 14 gediagnoseer met Chron's, en na 'n reeks van gesondheidsprobleme en operasies is sy in die Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad. Ons benodig hulp met verblyfskoste aangesien Nicola nog maande in die hospitaal sal moet bly. Elke dag is 'n stryd, en ons vra vir hulp met daaglikse kostes van R80 - R150 vir Nicola se behandeling en R40 vir my suster se kos, plus ander onkoste. Enige hulp word waardeer.