Funds Raised:
R 11 495
Fundraising Target:
R 30 000
Personal message
Ek het Okt. 2021 'n 4vat hartomleiding gehad, waarna ek die Desember infeksie in my sternum gekry het en my drade verwyder moes word. Dit was 'n lang pad om die wond gesond te kry met n vac op my oop wond en weeklikse wondversorging. Na amper 4 maande het my vac, genaamd Edward, afgekom.
Toe ek net dink als is op ñ einde, nou kan ek net vorentoe, is ek getref met wonde wat nie wou gesond word nie. Een op my regter ringvinger en twee van my linkervoet se tone wat begin het as ñ seer toonnael. Na ongeveer ñ maand met die sukkel, het ek een oggend wakker geword met 2 swart tone. My hart het tot stilstand geruk.
Ek het stilgebly en niks vir niemand gesê nie, self iets probeer doen. Tot my kêrel een aand by die huis kom en ek hom wys. Hy het my dadelik hospitaal toe gevat. Ek is opgeneem en dokters het begin kyk wat hulle kon doen. Een dokter het gesê ek moes wag dat dit vanself afval, waarna ek geweier het. Ek is toe teater toe gevat na die infeksie behandel is wat ek al toe gehad het, my twee tone is afgesit sowel as my ringvinger. Ek moes vrede maak met ñ halwe ringvinger. Intussen het my ander ringvinger ñ plekkie begin kry onder my nael wat my geïrriteer het. Ek het begin karring, met die gedagte daars ñ doring onder my nael.
Ek was ñ ruk lank in die hospitaal, waar ek toe stil epileptiese aanvalle begin kry het. Ek het ñ dag verloor terwyl hulle die fout gesoek het.
Ons is see toe met die gedagte dat ek daar kan herstel, ñ ander rustige omgewing sal mos help met genesing. En toe kom nog ñ nagmerrie, ek't verdere infeksie in my regter ringvinger. By die huis gekom, is ek weer opgeneem. My duk stompie is toe verder afgesit tot teen my hand waar gesonde weefsel is asook beter bloedvloei. Dokters gedink als gebeur agv slegte bloedtoevoer en diabetes. My ander ringvinger het ook begin swart word en hy is ook halfpad afgesit. Na ñ paar dae na hy afgesit is, is my stompie ook teen my hand afgesit. Ook verdere infeksie.
Ek is van een dokter na ñ ander oorgegee tot ek by ñ dokter gekom het wat die geveg saam my wou veg. Maar my gemoed was reeds gebreek.
Als het goed gegaan vir ñ hele ruk tot 2 van my ander tone op my regtervoet begin het. Die dokter het toe besluit om hulle ook af te sit, nadat hulle binne dae ook swart geword het. Saam nog n toon op my linkervoet wat ook nie wou gesond word nie.
In totaal het ek 2 vingers en 5 tone al verloor. Maar steeds nie die einde nie. Ek het n rooi en baie seer kol onder my regtervoet begin ontwikkel. My groottoon se seer het ook net groter geword. En die laaste besluit wat die dokter maak is om my voet halfpad te amputeer. En toe hy dit doen, is daar ñ omdraai. Al my ander sere, waarmee ek amper ñ jaar mee sukkel om gesond te word, begin gesond te word. Die infeksie is op ñ einde. Ons het gewen!!!
Ek moes leer loop sonder krukke, my balans probeer terugkry. Dis moeilik, maar ek loop, al verloor ek my balans nog baie en val, en ek bestuur. Gelukkig vir ñ automatiese kar.
Ek wil graag ñ prostese kry om beter te kan loop en nie so selfbewus te wees nie, nie die kyke en lelike aanmerkings meer te vat nie. En oop skoene aan te trek, want skoene koop is ñ missie met ñ halwe voet. Maar my medies wil nie als betaal nie en dit is redelik duur, en die een wat ek graag wil hê, wil die medies glad nie betaal nie. Ek het al soveel mediese rekeninge gehad, dat my spaargeld uitgpeput is. Ek moes ophou werk na al my hospitaalbesoeke, so my inkomste dek al my debietorders.
So help my asb om weer so te sê normaal te kan loop. Al is dit net R10, elke bietjie help.
Donations
-
Jan 27, 2024 - R 1 000.00
- "You are a inspiration!!!" - Anonymous
-
Dec 23, 2023 - USD $ 216.10
Fees covered
- "" - Anonymous
-
Dec 18, 2023 - R 5 000.00
Fees covered
- "Ons is lief vir jou! Jy is n vasbyter" - Anonymous
-
Dec 16, 2023 - R 1 000.00
Fees covered
- "Nogmaals Sterkte!!!" - Anonymous
-
Dec 16, 2023 - R 1 000.00
Fees covered
- "Sterkte!!" - Anonymous