Support
- By: Maria Catharina Smit
- Short URL: https://archive.backabuddy.co.za/maria-catharina-smit-5842351104274403554
- Date Created: 20 February 2024
Personal message
Goeie dag Ek is Maronica Smit.
My hartseer het al op 'n jong ouderdom in my lewe begin as iemand wil weet kan hulle my met liefde vra ek gaan nie alles hier op sit nie ek gaan net oor die laaste 8 jaar praat.
11 Desember 2015 het ek my man en oudste seun in 'n motorongeluk verloor dis waar die erg hartseer en swaar begin het, my man se sake was nie reg nie soo dis hoekom da geen geld was nie, ek het alles in my lewe verloor en het nog 2 kinders wat ek moes na kyk en groot maak ek het met my kinders op ge eindig op straat en shelters.
Die ergste ding was nie net om elke dag met die seer te sit nie maar om nog te survive ook vir baie jare het dit soo aan gegaan.
Twee jaar terug het ek vir god gebid om vir my iemand testuur wat vir my kan lief wees en na my tekan kyk, twee maande da na het god 'n wonderlike man oor my pad gestuur die lewe het weer vir my sin gemaak hy was baie goed vir my, nou die 14de Februarie 2024 het god hom kom haal my hart is in stukke, op hierdie oomblik sit ek nie net met die seer nie ek sit met my hele lewe wat uit mekaar val want ek het gelewe vir hierdie man ek kom vra vir hulp ek is 45 jaar oud en moet van vooraf opbou ek het niks.
Op die oomblik is ek by my kinders ek is baie dankbaar da voor want sonder hulle weet ek nie, dis net dat ek moet hulp vra vir my self dat ek net vir 'n paar maande my maandelikse behoeftes en nodige goedjies kan voorsien tot ek op my voete kan kom ek het dit bitter nodig.
Ek is baie lief vir bak ek wil graag begin met dit vir 'n inkomste ek het net nie nou die finansies om al die benodigdhede tekry nie as enige iemand hulle harte sal oop maak om vir my tekan help sal ek dit opreg waardeer.
Dankie dat julle die tyd gevat het om te lees.
Groete maronica