Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
In my skoene sonder kuite

In my skoene sonder kuite

Funds Raised:
R 22 662
Fundraising Target:
R 90 000

Personal message

Ek is Tinka Fox van Riversdal in die Wes-Kaap en ‘n oud-leerder van Hoërskool Langenhoven. Ek is op 13 Maart 2002 (as een van ‘n tweeling) met die ergste graad van “club feet”gebore. Dit beteken dat albei my voete met meer as 90 grade binnetoe gedraai was. Op 6 maande was ek die eerste keer onder die mes en nog meer as 20 operasies het gevolg.

Die laaste operasie op 20! Dit het my nie teruggehou nie en ek het meer as ‘n normale lewe gelei. Alhoewel ek minimale beweging in my enkels het, kon ek tot almal se verbasing steeds aan sport deelneem en het provinsiale kleure in netbal en nasionale kleure in swem en atletiek (vir gestremdes) behaal.  Ek slaag ook Matriek met 7 onderskeidings en is tans ‘n 4de jaar student in Veerartsenykunde by Onderstepoort aan die Universiteit van Pretoria.

As gevolg van die klompvoete het my kuitspiere glad nie gevorm nie en is my onderbene van die knieë af baie krom en dun.  Alhoewel ek baie baie dankbaar is dat ek vandag kan loop en meer as ‘n normale lewe kan lei, kelder hierdie aspek van my gestremdheid my selfvertroue op 'n daaglikse basis. ‘n Ongelooflike dokter is bereid om vir my kuite in te plant, maar dit word ongelukkig nie deur die mediese fonds gedek nie. Die koste van die prosteses is baie hoog en daarom kos die operasie R90 000. Ek vra dus geldelike hulp vir die operasie.

Ek glo hierdie kuite sal my daardie ekstra bietjie selfvertroue gee. Ek weet kuite is dalk vir jou baie normaal, maar vir my is dit iets wat ek nie het nie en so graag wil hê. My gestremdheid het my al deur diepe waters laat gaan, maar ek moes en het elke keer net sterker opgestaan en hierdie operasie sal die kersie op die koek wees en my selfvertroue 'n enorme hupstoot gee. Alhoewel ek hierdie vir myself doen en dit soveel vir my sal beteken glo ek ook dat ek mense sal inspireer.

Ek wil graag vir hulle wys om altyd te veg vir ‘n bietjie meer selfvertroue en om nooit ooit hoop te verloor nie. Dit is só die moeite werd.

Ek glo om geestelik gesond en gelukkig in jouself te wees is die heel belangrikste ding in die wêreld. Ek sal julle ondersteuning baie waardeer. 

Donations

  • Feb 14, 2024 - R 200.00 Fees covered
  • "" - Anonymous

  • Jan 28, 2024 - R 500.00
  • "Jy is 'n inspirasie vir ons almal!" - Kobus

  • Jan 28, 2024 - R 100.00 Fees covered
  • "You go girl...jy is n groot inspirasie❤️" - Anonymous

  • Jan 27, 2024 - R 500.00 Fees covered
  • "Jy was nog altyd 'n vegter en 'n voorbeeld van volharding en...Oupa was jou grootste bewonderaar." - Ouma Martie

  • Jan 24, 2024 - R 2 000.00
  • "" - Anonymous

  • Jan 22, 2024 - R 5 000.00
  • "" - Anonymous

  • Jan 19, 2024 - R 500.00 Fees covered
  • "" - Anonymous

  • Jan 16, 2024 - R 1 000.00 Fees covered
  • "Gaan kry jou Morné Steyn kuite 🤍" - Liza Uys

  • Jan 14, 2024 - R 2 000.00 Fees covered
  • "Jy is 'n groot inspirasie! Gaan kry daai kuite ❤️" - Abri & Christina

  • Jan 11, 2024 - R 1 000.00 Fees covered
  • "You go Girl!!!" - Anonymous

  • Jan 11, 2024 - R 1 000.00 Fees covered
  • "Ons het jou lief!" - Marianne Streicher

  • Jan 11, 2024 - R 500.00 Fees covered
  • "Superheros moet kuite hê - jy is myne! Een van die dae kyk ons wie s'n is die grootste!" - Ryk

  • Jan 10, 2024 - R 200.00
  • "Mag hierdie operasie spoedig vir jou gebeur en mag jy vreugde hieruit kry. Alle voorspoed vir jou. Jy is pragtig." - Anonymous

  • Jan 10, 2024 - R 500.00 Fees covered
  • "Mag jy sommer gou jou target bereik!" - Joanne

  • Jan 09, 2024 - USD $ 11.62 Fees covered
  • "You go Girl. T-M" - Anonymous

  • Jan 09, 2024 - R 500.00
  • "Jy inspireer ons almal om jou, you go Tinks!" - Madri

  • Jan 09, 2024 - R 500.00 Fees covered
  • "" - Anonymous

  • Jan 09, 2024 - R 1 000.00 Fees covered
  • "" - Anonymous

  • Jan 09, 2024 - USD $ 53.79
  • "" - Anonymous

  • Jan 09, 2024 - USD $ 29.06 Fees covered
  • "" - Anonymous

  • Jan 09, 2024 - USD $ 53.79
  • "Jy’s klaar ‘n grooot inspirasie! Gaan kry daai kuite laat daar nog baie toere om die vloere kan wees! 💃💕" - Anonymous

  • Jan 09, 2024 - R 2 000.00 Fees covered
  • "" - Anonymous

  • Jan 09, 2024 - R 100.00
  • "Mag jou lieflike boodskap van: > dankbaarheid > dapperheid > vasberadenheid > selfvertroue > oorwinnaar-mentaliteit baie mense inspireer en lewens verander. Ek het kuite! Sien UIT om joune te sien! Gaan koop solank 'n minirokkie!" - Trudie de Jager

  • Jan 08, 2024 - R 1 000.00 Fees covered
  • "Jy is my grootste inspirasie en het my geleer hoe om te veg om moeilike omstandighede te oorwin. Baie lief vir jou!" - Marisa Fox

Statistics

Fundraising target

R 90 000.00

Donations to date

R 22 662.19

In my skoene sonder kuite Campaign

Charity Default Logo

Ek is Tinka Fox van Riversdal, Wes-Kaap, en 'n oudleerling van Hoërskool Langenhoven.

Gebore met erge "Klompvoete," het ek meer as 20 operasies ondergaan, maar dit het my nie verhinder nie. Ten spyte van minimale enkelbeweging het ek uitgeblink in sport en provinsiale netbalkleure en nasionale kleure in swem en atletiek verwerf. Ek het Matriek met 7 onderskeidings geslaag en is nou 'n 4de jaar Veeartsenykunde student aan die Universiteit van Pretoria.

My kuitspiere het egter nooit gevorm nie, wat my selfvertroue beïnvloed het. Ek soek finansiële hulp vir 'n kuitinplantingsoperasie wat R90 000 kos. Alhoewel stap 'n seën is, ondermyn hierdie aspek van my gestremdheid my selfvertroue daagliks. Ek glo hierdie kalwers sal my selfbeeld ’n hupstoot gee en ander inspireer om vir selfvertroue te veg.

Ek is vasbeslote om te wys dat geestelike welstand van kardinale belang is, en jou ondersteuning sal die wêreld vir my beteken.