
Mnr en Mej DF Aksie Omgee
- By: Hoërskool DF Malan DF Omgee
- Short URL: https://archive.backabuddy.co.za/hoerskool-df-malan-df-omgee-5849128156326305500
- Date Created: 28 February 2024
Personal message
Empatie en diensbaarheid is twee van DF se VRIEND-waardes. Ons oefen hierdie waardes in deur elke geleentheid te gebruik om ‘n verskil in ander se lewens te maak. Daar is ouers wat broodjies inpak vir behoeftige leerders, kinders wat geskenkpakkies insamel en uitdeel by ouetehuise, ‘n jaarlikse seniorburgerkonsert asook skryfbehoefte-insamelings vir behoeftige skole. Daar is al huise gebou saam met Habitat for Humanity, gemeenskapsavonture onderneem na Zambië en die Oos-Kaap en vriendskappe gesmee oor grense heen.
Ek en my mede Mnr en Mej DF Finaliste kry nou die kans om mense aantemoedig om hulle harte oop te maak vir die nood in die skool sowel as die gemeenskap. Só leer Dee-Effers om volwaardige landsburgers te wees wat dankbaar is vir hul seëninge en dit graag met ander deel.