Hulpfonds vir Helen
- By: Annelize Jansen van Rensburg
- Short URL: https://archive.backabuddy.co.za/helen-meyer-5837413069815936328
- Date Created: 14 February 2024
Personal message
Helen Meyer, my vriendin, kom uit ‘n familie met geskiedenis van ‘n groot aantal vrouekankers. Helen se moeder en drie van haar susters was gediagnoseer met borskanker gediagnoseer, drie van hulle het dan ook gesterf daaraan nadat dit deur hul liggame versprei het.
In Desember 2017 ontdek Helen ‘n knop in haar regterbors. Januarie 2018 word sy gediagoniseer met Fase 4 aggressiewe kanker. 'n nood- Mastektomie en ‘n strawwe kursus van chemoterapie was die begin van hierdie moeilike pad. So begin hierdie ystervrou se titaniese stryd met kanker.
Deur die loop van hierdie laaste ses jaar baklei sy met alles wat in haar is teen die groot K. Keer op keer besef ek dat sy seker 'n ongelooflike sterk vrou. Sy leer om dag vir dag te lewe. Deur elke kursus chemoterapie en/of bestraling bly sy as enigste broodwinner in haar huishouding en doen wat sy kan om die inkomste aan te vul om die mediese onkostes te dek.
Elke Januarie as die dokters die scans en toetse doen, moes sy aanhoor dat haar kanker versprei het. Nog nooit tydens hierdie ses jaar was haar kanker in remissie nie. Tog druk sy deur en bly sy positief. Met elke Kersfees of verjaarsdag dink ons dat dit haar laaste een sal wees, maar God spaar haar lewe elke keer en op wonderbaarlike wyse bly sy positief.
In Januarie 2023 word sy afgelê by haar werksplek omdat die tak van hul besigheid toemaak. Sy doen aansoek vir ongeskikdheids voordele en met God se genade word dit goedgekeur, maar dis nie genoeg om hulle basiese behoeftes en uitgawes te kan dek nie. Haar mediesefonds wat haar werkgewer altyd ten volle gedek het, moet sy van Januarie 2024 af self bybring, en soos ons almal weet is dit in die huidige ekonomiese klimaat ‘n byna onmoontlike taak vir iemand wat reeds nie basiese dag tot dag noodsaaklikhede kan bekostig nie.
Op hierdie stadium het die kanker alreeds versprei van haar regterbors na omtrent haar hele skeletstelsel: knieë, heuppotjies, platbene, stuitjie, onderste drie rugwerwels, van haar ribbes, skouers, nek en longe. Sy is die afgelope twee maande telkens gehospitailseer. Die mediesefonds waaraan sy behoort dek net die onkologie en suurstof, en sy het ander mediese toerusting soos ‘n rolstoel en loopring benodig wat die familie moes voorsien. Hul sukkel egter met die ander uitgawes soos onder andere brandstof vir hul voertuig om haar by haar doktersbesoeke en bloedtoetse te kry, voedselaanvullings soos Ensure en noodsaaklike medikasie wat nie deur haar medies gedek word nie omdat dit nie op hul formulêr is nie.
Sy het reeds soveel deurgemaak en sy het nog nie opgegee op die wil om te lewe nie, daarvoor is hierdie ystervrou net te hardkoppig. Daarom neem ons die vrymoedigheid om te vra vir enige donasie ten bate van haar versorging terwyl sy hierdie stryd moedig stry.
Helen gaan ons ondersteuning nodig hê oor die volgende paar maande terwyl sy beter word. Terwyl sy nie in staat is om te werk nie, sou dit wonderlik wees as ons as 'n gemeenskap 'n klein herhalende skenking vir 'n rukkie kon gee.
Meet Helen Meyer, a courageous woman from Gauteng, Pretoria, who is facing the battle of her life against aggressive cancer. Helen comes from a family with a history of female cancers, and unfortunately, she's now confronting her own diagnosis.
In January 2018, Helen received the devastating news that she had Stage 4 aggressive cancer. Since then, she's undergone an emergency mastectomy and gruelling rounds of chemotherapy, yet her fight continues.
Despite the challenges, Helen remains a beacon of strength and resilience. She's the sole breadwinner in her household, but the financial strain of medical expenses, including essential equipment like a wheelchair and walking aid, is overwhelming. Her medical fund covers only a portion of her needs, leaving her family struggling to make ends meet.
Helen's cancer has spread extensively, affecting her skeletal system and requiring frequent hospitalisations. While she continues to fight with unwavering determination, she needs our support now more than ever.
🌟 How You Can Help: 🌟
By donating to Helen's crowdfunding campaign on BackaBuddy, you'll provide crucial support for her medical expenses, transportation to appointments, and essential medications not covered by medical insurance.
➡️ Donate Now: https://www.backabuddy.co.za/helen-meyer-5837413069815936328
Even the smallest contribution can make a meaningful difference in Helen's journey. Please consider donating and sharing this campaign with your network to help us reach our fundraising goal of R50,000.
Thank you for your kindness and generosity. Together, we can make a difference in Helen's life as she bravely fights this battle.
Helen is going to need our support over the next few months while she gets better. While she is not able to work, it would be wonderful if we as a community could give a small recurring donation for a while.
Warm regards,
Annelize Jansen van Rensburg
Statistics
Hulpfonds vir Helen Campaign
Helen Meyer, facing Stage 4 aggressive cancer after discovering a lump in December 2017, has been battling the disease for six years with surgeries, chemotherapy, and resilience despite her family history of female cancers, financial struggles, and the cancer spreading throughout her body. She needs support for medical expenses, equipment, and daily necessities as she bravely fights on.