Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Brein operasie vir Elzaan

Brein operasie vir Elzaan

Funds Raised:
R 500
Fundraising Target:
R 500 000

Personal message

Hulp asb vir my suster Elzaan Van Rensburg wat dringend geopereer moet word.

17 jaar gelede het sy die paadjie geloop. Toe was sy 'n jong Mamma van 2.

Vandag is haar kinders groot en het sy geglo sy kan nou die Ouma wees vir haar kleinkinders waarna elke Ouma smag.

Destyds, 2 Oktober 2007 was sy maar 32 jaar oud en het geen idee gehad wat vir haar sou wag nie.  Maar sy is daardeur en het geglo NOOIT OOIT weer NIE.

Nou is sy 48 jaar oud en moet ongelukkig weer dieselfde pad loop. Daar is 'n paar weke gelede 'n gewas in 'n baie sensitiewe area in haar kop opgemerk. Omrede sy deur Staat moet werk en nie privaat medies kan bekostig nié, word hierdie operasie uitgestel na moontlik eers volgende jaar. Dit is n groot risiko vir enige persoon in dié kondisie en daarom dat ons vandag na elke persoon  uitreik om hulp.

Ons het mediese kennis ingeroep en navraag gedoen wat hierdie operasie privaat sou kos. Die betrokke Dokter gee reeds hier en daar 50% afslag, maar steeds beloop die koste ongelooflik hoog te wees.

Laat haar wens waar word en sy so gou as moontlik die behandeling kry wat haar toekom.

Ons dank elkeen vir enige bydrae, hoe groot of klein ookal...

Donations

  • Mar 05, 2024 - R 500.00 Fees covered
  • "" - Lynette

Statistics

Fundraising target

R 500 000.00

Donations to date

R 500.00

Brein operasie vir Elzaan Campaign