Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Breast Canser Treament

Breast Canser Treament

Funds Raised:
R 473
Fundraising Target:
R 200 000

Personal message

Goeiedag, my naam is Elaine Willemse, ek is 46 jaar oud. 
Ek sit al my stryd teen kanker voort vir -+ 18 jaar.
My eerste kanker diagnose was baarmoeder kanker terwyl ek swanger was met my dogter. 
Die Dr's wou hê ek moet swangerskap be-eindig, maar die Here het vir my gesê om haar nie af te bring nie.  Ses maande na haar geboorte het ek historekteme gehad en my dogter nou in matriek.
Wat 'n voorreg dat die Here my die 18 jaar saam met my dogter gegee het.

Op 5 Februarie 2024 het ek weer vir bloedtoetse, mammogram en biopsie gegaan, die diagnose is borskanker. Dr het terug gekom en gesê dat die kanker nou baie hoë risiko is en wil so gou as moontlik begin met behandeling. 

Ek kan ongelukkig nie 'n mediese fonds beskostig nie. Die staat se wag lys is ongeveer 3 jaar voor hulle my sal kan help, dan is dit hopeloos te laat. Dr is bereid om te help maar ek moet self kontant vir die medisyne betaal. 

Dr se raad is dat ek vir 5 weke behandeling ontvang en dit beloop ongeveer R25,000.00 per sessie en dan moet hulle my na die tyd weer toets om te kyk of die behandeling wel werk. 

Dit is dan additionele kostes bo-op die behandeling se onkostes. 

Ons beraming vir alles is tussen R150,000.00 tot R200,000.00.

Enige donasie of hulp sal opreg wardeer word.

Dankie by voorbaart.

Donations

  • Feb 13, 2024 - USD $ 28.55 Fees covered
  • "" - Anonymous

Statistics

Fundraising target

R 200 000.00

Donations to date

R 472.99

Breast Canser Treament Campaign