
Flexor tendon repair operation
- By: Denzhéüs Pietersen
- Short URL: https://archive.backabuddy.co.za/denzheus-pietersen-5833744338712684834
- Date Created: 10 February 2024
Personal message
Ek verlang asb hulp vir my 11 jarige kleinseun.
Omtrent 2 weke terug gaan speel hy by n maatjie. Hulle het n swembad wat hul op vul met gemors, want hulle beplan om die swembad toe te gooi. My kleinseun ry en verloor balans en val met sy fiets in die swembad. N glasstuk sny deur sy hand. Tussen sy middel vinger en wys vinger Die senings en senuwee is af gesny.
Thabazimbi staat hospitaal het steke in gesit en my kleinseun verwys na n ortopediese chirurg in Potgietersrus.
Dinsdag moes hul die chirurg sien. My 11 jarige kleinseun word toe gehospitaliseer. . Hy is in n vreemde plek tussen vreemde mense... bang, alleen en verduur baie pyn en niemamd van ons is daar om hom te ondersteun óf om n besoek af te lê nie.
Daar is n moontlikheid dat hy gebruik van sy hand kan verloor.
My seun sou Januarie in Cambodia begin werk. Vlieg kaartjie is betaal en aansoek vir visum is gedoen. Blyk nou dit was n scam . My skoondogter se werkgewer wou nie haar kontrak Desember hernu, want hy het gehoor van hul planne om Cambodia toe te gaan. Dus is albei werkloos.
My kleinseun is in Potgietersrus Staatshospitaal opgeneem. Volgens Google is dit ongeveer 244 km van Thabazimbi.
Hulle het nie geld vir petrol om vanaf Thabazimbi na Pietersburg te ry nie en ook nie om verblyf te betaal
is hier iemand wat asb kan help met petrol geld en verblyf?
ASSEBLIEF. Van Denzhéüs Dinsdag opgeneem was kon hul net een keer vir hom gaan kuier. Hulle wil ten minste daar wees om hom te ondersteun as hy teater toe gaan én uit kom. Dan in Potgietersrus oornag verblyf met etse asb, hulle het nie geld vir wegneem etes nie. vir my seun en skoondogter van Sondag aand 11 Februarie 2024 tot omtrent 16 Februarie. Hang af wanneer my kleinseun ontslaan word.
GROOT ASSEBLIEF EK VRA NEDERIG HULP VIR MY KINDERS EN KLEINSEUN.
Pietersburg Staatshospitaal se telefoon nommer. Ek het dit op google gekry. 015 4834000/4088
Pasiënt Denzhéüs Pietersen. pediatriese saal.
Baie dankie
.