Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
Comrades 2017 #HardloopVirLise

Comrades 2017 #HardloopVirLise

Funds Raised:
R 16 996
Fundraising Target:
R 20 000

Personal message

Ek hardloop want dis vir my lekker.  Ek hardloop want ek kan nog hardloop!  Dit is my alleentyd, my dinktyd, my bidtyd.  Dis my loflied aan God – my manier om die lewe te vier!  In my hart het ek gevoel om Comrades 2017 te hardloop vir ‘n REDE (meer rede as net as om betyds oor die lyn te kom voor die skoot klap?). Ek wil graag ‘n verskil maak, deur dit wat ek so geniet om te doen!

Danie en Lise Brink se storie het werklik my hart aangeraak.  (Vir meer inligting besoekhttp://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/lise-brink-ontslaan-fondsinsameling-gaan-volstoom-voort/). Wat my die diepste getref het is hoe Lise reageer het op die nuus van die afsterwe van twee van haar kinders. “Ek gun my kinders die hemel!” Wow, Here!  Indien dit ek was – sou ek so reageer het?  Behalwe vir die afsterwe van twee van Lise se kinders,  is een van Lise se bene ook na die ongeluk geamputeer. Sy droom om eendag weer saam Danie te kan hardloop.  Kostes vir ‘n prostese en rehabilitasie daarvan is enorm!

Daarom wil ek graag vir Lise hardloop, om haar las net so klein bietjie ligter te maak.   

Die lewe is mos maar soos ‘n Comrades-wedloop.  ‘n Wedloop wat wel alleen gehardloop word, maar wat verseker ‘n spansport is. ‘n Wedloop waar almal van ons soms ‘n watersakkie, piesang of ‘jelly baby’ by ‘n medehardloper moet aanvat en sluk!  ‘n Wedloop waar ons almal met tye ‘n bemoedigende woord nodig het, of waar ons net ‘n paar tekkies voor ons dophou en in ritme met die drawwer voor ons hardloop, om seker te maak dat ons die opdraande tot bo uitmaak.  Die lewe is ‘n wedloop waarvan die leuse ook soms die van die Comrades is, “ZINIKELE – It takes all of you!”

By GROOTfm 90.5 is ons leuse “GAAN GROOT IN DIE KLEIN”, wat eintlik maar net beteken dat elke klein gebaar nie ongesiens verbygaan nie en wel tot groter rimpeleffek kan lei, sonder dat mens altyd daarvan bewus is. Hierdie is ‘n klein gebaar van my kant af, wat tog ‘n groot verskil kan maak.

Liewe familielid, vriend en vriendin, kollega en kliënt – kom ons help Lise om weer te kan hardloop!

Borg my vir R5 vir elke kilometer van die Comrades 2017.  Daar is 86,1 kilometer wat gehardloop moet word vanjaar, wat ‘n totaal van R 430,50 is.  Indien die Here dit op jou hart lê om meer te gee, doen gerus! En indien jy net ‘n R 50 kan gee – is dit ook reg.  Dit is elke klein bedraggie, wat wel ‘n GROOT verskil kan maak!

Dankie vir jou omgeehart en jou bydrae.

Elke tree vir Lise  #HardloopVirLise

Donations

  • Jun 14, 2017 - R 500.00
  • "Admiration!" - Sarel du Plessis

  • Jun 11, 2017 - R 433.65
  • "'n Vriendin het my R5 geborg vir elke km wat ek op Comrades kan doen. Hoop dit help nig!" - Elouise

  • Jun 08, 2017 - R 500.00 Fees covered
  • "Sterkte Roelien. You go girl." - Lukas en Annemarie

  • Jun 07, 2017 - R 500.00 Fees covered
  • "Gee graag terug wat ek mildelik ontvang" - Sonis

  • Jun 07, 2017 - R 1 000.00
  • "Wat 'n inspirasie!" - Adri

  • Jun 06, 2017 - R 100.00
  • "Voorspoed Roelien" - Elna

  • Jun 05, 2017 - R 200.00
  • "Sterkte Roe! Hou bene, hou!!" - Anoniem

  • Jun 05, 2017 - R 100.00 Fees covered
  • "Sterkte." - Juanita

  • Jun 05, 2017 - R 100.00 Fees covered
  • "Dankie Roelien. Jy is tops! Mag Lise spoedig daardie prostese kry. Dankie Heer dat U hul dra." - Heidi en Elnette

  • Jun 05, 2017 - R 200.00 Fees covered
  • "Jy is self 'n inspirasie vir vele, Roelien!" - Isabel Jacobs

  • Jun 05, 2017 - R 500.00 Fees covered
  • "Jy inspireer, droom, verander en maak 'n verskil sover jy gaan! Sien jou in PMB girl!!!" - Corne Scheepers

  • Jun 05, 2017 - R 250.00
  • "Sterkte & lief vir tannie " - Lyla Lyfie

  • Jun 04, 2017 - R 50.00 Fees covered
  • "Dis liefde vir jou medemens" - Rene

  • Jun 03, 2017 - R 430.50 Fees covered
  • "Sterkte Roelien!" - Wiggett's

  • Jun 03, 2017 - R 430.50 Fees covered
  • "Baie sterkte!! Ons sal vir jou root!!" - Anri Winter

  • Jun 03, 2017 - R 500.00
  • "Go Roela go! " - Michelle minnaar

  • Jun 03, 2017 - R 500.00
  • "'n Voorreg om te kan gee en 'n verskil te kan maak. Sterkte! " - Tania

  • Jun 03, 2017 - R 350.00 Fees covered
  • "Hou bene hou!" - Swannies

  • Jun 03, 2017 - R 1 000.00 Fees covered
  • "Trots op jou Roe!!" - Hardus

  • Jun 03, 2017 - R 500.00
  • "You go girl!" - Le Grand's

  • Jun 03, 2017 - R 300.00 Fees covered
  • "Baie sterkte Roe!!" - Bosche

  • Jun 02, 2017 - R 500.00 Fees covered
  • "Eish, net so frieken tróts op jou!" - Botties

  • Jun 02, 2017 - R 250.00
  • "You go girl! So proud!" - Ens and Leigh

  • Jun 02, 2017 - R 500.00 Fees covered
  • "Jy inspireer ons, Roe! " - Lindie Strydom

  • Jun 02, 2017 - R 861.00 Fees covered
  • "Baie trots op jou, Sus!!! Sterkte. Jy is awesome!!!" - MARXE

  • Jun 01, 2017 - R 500.00 Fees covered
  • "Jy betaal terug as jy oor 10 ure hardloop" - Etienne Piek

  • May 30, 2017 - R 430.50 Fees covered
  • "Mag God jou voete vlerke gee! Jy is n inspirasie." - Anlie

  • May 29, 2017 - R 500.00
  • "Go Roe!!!" - Charl Cilliers

  • May 29, 2017 - R 500.00
  • "Jy het nog altyd hoe eise aan jouself gestel...daarom WEET ek jy kan en gaan dit doen! Bid vir jou!" - Elza Cilliers

  • May 29, 2017 - R 500.00
  • "Sterkte Tannie Roe" - BenBeer

  • May 26, 2017 - R 500.00
  • "Fantasties Roe!!" - Cronje's

  • May 26, 2017 - R 200.00 Fees covered
  • "Hou bene hou!!" - Anonymous

  • May 25, 2017 - R 500.00 Fees covered
  • "Trots op jou Roels!" - Santie

  • May 24, 2017 - R 500.00 Fees covered
  • "Go Roe! X" - Christine

  • May 24, 2017 - R 600.00 Fees covered
  • "Lise's story really inspirational..so trots op jou Roe!! " - Mike

  • May 23, 2017 - R 1 000.00 Fees covered
  • "Anyting for Lise...a woman with the biggest heart that I've ever met." - Jonkers

  • May 23, 2017 - R 500.00 Fees covered
  • "I'm backing myself : )" - RoePot

  • May 23, 2017 - R 200.00 Fees covered
  • "Go Girl Go!!!!!!!!!!!!!" - Anoniem

Statistics

Fundraising target

R 20 000.00

Donations to date

R 16 996.15

Solidariteit Helpende Hand

Charity Default Logo

Solidariteit Helpende Hand is in 1949 gestig as antwoord op die Afrikaner-armoedekrisis en ons visie is om oplossings vir die aanspreek van Afrikaner-armoede te vind.

Solidariteit Helpende Hand was founded in 1949 in reponse to the poverty crises in which Afrikaners found themselves at the time. The focus of Helpende Hand is to alleviate, prevent and end poverty in the Afrikaner community.