Javascript is not enabled! Please turn on Javascript to use this site.
HELP CHRIS

HELP CHRIS

Funds Raised:
R 0
Fundraising Target:
R 65 000

Personal message

Chris se skiet voorval was n baie groot tragedie en skok vir ons as gesin.  Die duiwel het probeer steel en glo my nogsteeds maar ek glo God is in beheer en was nog heeltyd.  Die dinge waardeer ons gaan is net baie moeilik vir ons as mense maar ons bly glo en bly op God vertrou want sy wonderdade is nog lank nie verby nie.

Maar:
Kom ek vertel julle solank van die wonderwerke waaroor ons as mense vergeet om te praat sodra die lewe weer aangaan.
Chris se skiet voorval was so ernstig soos wat mense nie regtug verstaan nie.  Sy slagaar in sy lies is afgeskiet, m.a.w dit neem net n paar min vir persone om nie te oorleef nie.  Ons moes die massas bloed sien in sy kar, klere, op sy beursie, foon...you name it. Chris was reeds in coma toe hy by die hosp aankom en is vir omtrent 16min geresas.  

Die dokter het vir my kom sê dat hulle nie glo hy gaan dit oorleef nie.  Hulle gaan hom teater toe jaag om die aar te heg en hom plus sy been te red.  CHRIS HET OORLEEF !  Dit is n absolute wonderwerk bo wonderwerke...gaan lees hoeveel mense oorleef dit.  CHRIS HET SY BEEN BEHOU!  Nog n wonderwerk.  

Hierdie is net 2, daar is ongelooflik baie.  Die feit dat Chris self asem haal en wakker geword het, weer praat en begin loop, dat sy hande reggekom het en dat hy eet en dat hy ons onthou...dis alles wonderwerke! 
Die Here het nie een wonderwerk nie maar n hele boek van sy guns vir ons gesin uitgeboek.  
Is dit nie ń absolute eer nie, dit is beslis vir ons.
Die Here is elke dag besig met wonderwerke in almal se lewens, ons moet net ons oë rig op hom om dit raak te sien.

Sterkte vir elkeen en dankie vir elke gebed, ons gesin waardeer dit.  Ons pad is nog lank maar sonder gebede en God sou dit nooit moontlik gewees het nie.

Statistics

Fundraising target

R 65 000.00

Donations to date

R 0.00

HELP CHRIS Campaign