
Funding Arno
- By: Arno Pretorius
- Short URL: https://archive.backabuddy.co.za/arno-pretorius-5787301935213894965
- Date Created: 18 December 2023
Personal message
Dit is Arno Pretorius. Pa, oom, broer en seun.
Hy was in 'n motor ongeluk 2 Desember 2023.
Hy het later die aand nie meer terugvoering getoon nie en die Dokters het gesien hy het
moontlik 'n brein besering en boek 'n vlug na Kimberley hospitaal vir onmiddelike sorg. Hul het gevind dat daar bloed op sy brein is en hy onmiddelike operasie moet kry om sy brein te dreineer en swelling te laat sak. Ons as ouers en familie was ingelig dat hy dalk breindood verklaar sal word. Met soveel gebede en God se genade het hy beweging getoon en is dit gelukkig laat vaar. Ons moet sy persoonlike goed behartig en raak die onkostes te veel. Daar word gevra vir enige skenking of donasie, groot of klein, dit sal verseker kan help. Gebede is ook welkom natuurlik, want dit het ons deur gedruk, emosionelik. Dit sal kan help om onkostes te dek van Douglas na Kimberley en om sy persoonlike onkostes te dek. Ons as gesin wil graag seker maak wanneer hy terug keer huis toe, sy goed gedoen is. Ons weet nog nie watter ander mediese onkostes ons moontlik gaan hê wanneer rehablitasie begin nie. Sal dit bekend maak sodra ons weet. Vandag is 25 Des 2023 en God het ons die grootste geskenk gegee en dis dat Arno by die huis is vir aansterking. Ons het nou immers nogsteeds finansieële hulp nodig. Daar is baie vervoer onkostes, voedsel benodighede en van sy skuld afbetalings wat moet betaal word. Daar is nog n lang pad van herstel, maar God is in beheer.